SAKP sê: Hamba Zuma!


Monitor 11 Julie 2017: SAKP Sê RAMAPHOSA MOET HUL TOESPREEK, NIE ZUMA

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sê die adjunk-president Cyril Ramaphosa sal die party se kongres in Boksburg more toespreek. Die SAKP het die ANC gevra om nie president Jacob Zuma te stuur om die openingsrede te lewer nie. Sowat 2500 afgevaardigdes het in die Oos-Rand bymekaar gekom vir die party se 14de nasionale kongres. Sake op die agenda is onder andere die stand van die ekonomie, staatskaping en of die SAKP hom van die alliansie met die ANC moet onttrek vir die 2019 verkiesings. Klik hier: https://www.iono.fm/e/450557

Nuus 11 Julie 2017
Die kongres van die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het amptelik in Boksburg afgeskop met sterk oproepe dat die plundering van die staat en korrupsie dadelik beëindig word. Bykans twee-duisend afgevaardigdes woon vandeesweek die kongres by. Die SAKP-leierskap weier dat president Jacob Zuma hul toespreek. Die voorsitter van die SAKP, Senzeni Zokwana het in sy Zokwana het ook uitgevaar teen die Gupta-familie en hulle van onetiese optrede beskuldig. Hy sê die Gupta’s het reeds in 2012 begin om die leierskap van die mynvakbond, die N.U.M te veranderopeningstoespraak die ANC-regering voor stok gekry.