Saray Khumalo word 1e swart vrou van Afrika om Everest te oorwin

Gelukwense stroom in vir Saray Khumalo wat vandag geskiedenis gemaak het deur die eerste swart vrou van Afrika te word wat die kruin van die berg Everest bereik het. Khumalo is in Zambië gebore maar is nou ‘n Suid-Afrikaanse burger en woon in Johannesburg. Dit was haar vierde poging om Everest te klim, nadat vorige pogings weens eksterne faktore, insluitend ‘n sneeustorting en ‘n aardbewing, misluk het. ‘n Mede-bergklimmer, Deshun Deysel, het Khumalo geloof vir haar deursettingsvermoë. Lees meer oor die epiese klimtog van Saray Khumalo: https://ewn.co.za/2019/05/16/after-making-history-sa-s-saray-khumalo-climbs-down-mount-everest https://www.news24.com/SouthAfrica/News/saray-khumalo-becomes-first-black-sa-woman-to-conquer-mount-everest-20190516 https://citizen.co.za/news/south-africa/news-update/2131233/sa-congratulates-saray-khumalo-for-scaling-everest/