Wêreld wag op Trump en Rocket Man se ontmoeting


Noord-Korea se staatsmedia het volgens berigte vir die eerste keer sedert die ontstaan van gerugte oor ‘n moontlike beraad tussen dié land en die VSA, toegegee dat ‘n klemverskuiwing in sy beleid jeens Amerika plaasgevind het. Die amptelike nuusagentskap het egter nog niks bekendgemaak oor die voorgestelde ontmoeting tussen sy leier Kim Jong-Un en president Donald Trump van Amerika nie. Trump se aankondiging vroeër die maand dat hy bereid is om met Kim te beraadslaag ná ‘n uitnodiging via Suid-Koreaanse gesante, het ‘n diplomatieke opskudding veroorsaak.

Lees meer:

http://abcnews.go.com/International/south-korean-president-floats-idea-summit-trump-kim/story?id=53899362

https://www.politico.com/magazine/story/2018/03/21/donald-trump-kim-jong-un-one-thing-he-should-ask-217664