Pensioen: Minstens 7x jou jaarlikse salaris is nodig vir gemaklike aftrede


Monitor: Woensdag 3 Januarie 2018

Pensioen- fondse en aftrede was die afgelope ruk weer pal in die nuus, weens die Steinhoff korrupsie skandaal. Kort na Steinhoff Internasionaal se uitvoerende hoof, Markus Jooste se bedanking, het aandele pryse van Steinhoff begin tuimel. Die openbare beleggings korporasie wat die staatsdiens pensioen- fonds bestuur en wat groot beleggings in Steinhoff het, het hul lede VERSEKER dat hulle pensioene veilig is. Maar hoeveel is genoeg vir ‘n gemaklike aftrede en moet jy al jou eiers in een mandjie hou? Erhard Theunissen, ‘n Senior Konsultant vir OU Mutual Korporatiewe konsultante sê jy moet tussen sewe en 20 keer jou jaarlikse salaris, gespaar het teen die tyd wat jy aftree, om gemaklik te leef.