ANC sonder visie?


‘n Politieke ontleder, Sethulego Matebesi meen die ANC se pas afgelope 8 Januarie feesvieringe was sonder inspirasie en dat toesprake min belangstelling geprikkel het. Ander ontleders soos Max du Preez voer aan dat die ANC sonder visie sit, vasgevang in ‘n bevrydingstrydparadigma. Hoe posisioneer die ANC hom in 2020 om relevant vir ondersteuners te bly?