Die impak van ons xenofobie


Die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika het inderdaad negatiewe gevolge.

Die Departement van Internasionale Betrekkinge het bevestig dat die Rwandese president nie die Wêreld Ekonomiese Forum oor Afrika in Kaapstad bywoon nie. Suid-Afrikaanse maatskappye wat besigheid doen in ons buurlande, het ook hulle deure gesluit en die departement van internasionale betrekkinge in Nigerië het hulle kantore gesluit weens protesoptogte. Zambië het vroeër ‘n vriendskaplike wedstryd met Bafana Bafana wat Saterdag sou plaasvind, gekanselleer weens kommer oor veiligheid. Wat is die diplomatieke en ekonomiese impak van die aanvalle op buitelanders op Suid-Afrika?