Die pyn van ná-geboorte-depressie


Ná geboorte depressie (post natale depressie) kan ‘n vrou hard slaan, en die hele gesin beïnvloed. In Praat Saam het luisteraars vertel van hul stryd, hul pyn en hoe desperaat hulle dikwels was.

Praat Saam het ná geboorte depressie bekyk na aanleiding van nuwe navorsing wat die omvang van dié probleem beskryf het. Navorsers van Northwestern Medicine berig in JAMA Psychiatry dat ná geboorte depressie een uit elke sewe nuwe ma’s raak. In die studie wat sowat 10 000 ma’s betrek het, het hulle gevind dat bykans 22% van hulle steeds depressief was toe hulle ‘n jaar ná die geboorte opgevolg het.