Impak van staatskaping op dienslewering


Die voormalige bedryfshoof van Bosasa, Angelo Agrizzi, en die maatskappy se voormalige finansiële hoof, Andries van Tonder, het vlugtig in die Gespesialiseerde Handelshof in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery. Dit hou verband met korrupsie, bedrog en onwettige tenders ter waarde van sowat R1,6 miljard rand. Wat is die impak wat staatskaping en die vlak van korrupsie op dienslewering in gemeenskappe het?