Naka: ‘Toe ek besef hulle gaan ons skiet, het instink ingeskop…’


Naka Drotske en sy vrou Marzanne op Kersdag in die hospitaal in Bloemfontein. Sy hart het twee keer gaan staan. Foto: SA Rugbymag

Naka Drotske vertel van die aanval waarin hy geskiet is en die impak daarvan op sy lewe.

Die afgelope tyd was daar twee misdade waar bekendes betrokke was. In November is die voormalige Springbokhaker, Naka Drotske, op ‘n kleinhoewe buite Pretoria geskiet. En ‘n veiligheidswag het op Ou aarsdag in die Vereeniging Landdroshof verskyn nadat hy na bewering ‘n 61-jarige man van Meyerton, suid van Johannesburg, doodgeskiet het. Daniël van Heerden was die pa van die voormalige weltergewigkampioen van die Internasionale Boksvereniging, Chris van Heerden.

Naka en Marzanne (Marzanne se Facebook bladsy)

Jody Hendricks praat met Naka Drotske en Chris van Heerden oor die impak wat die voorvalle op hulle lewe gehad het.