Ongelykhede en rasse-verhoudings


Voormalige staatspresident FW de Klerk, wat in die eerste demokratiese regering as adjunkpresident aangestel is, het verlede week ongelykheid as die grootste mislukking van die demokratiese Suid-Afrika beskryf, gevolg deur die versuim om nie-rassigheid te bevorder. “Dit is tot my diepste spyt dat Suid-Afrika na my mening nie meer as ‘n nie-rassige samelewing beskou kan word nie,” het hy gesê. Hoe het ongelykheid rasseverhoudings in Suid-Afrika beïnvloed?

Luister na die vuurwarm gesprek met gespreksgenote Prof Theuns Eloff en dr. Piet Croucamp.