SA se bestuursvaardighede is vrotsig


SA se bestuursvaardighede op grondvlak duik in die hek.

Die politieke ontleder, Somadoda Fikeni, sê Suid-Afrika se grootste uitdaging is leierskap en bestuursvaardighede, wat dienslewering en groei kniehalter. Volgens hom klink baie van president Cyril Ramaphosa se planne om die ekonomie te stimuleer goed, maar waarsku dat die implimentering en bestuur op grondvlak van projekte sukses óf protes sal meebring. Lynette Francis bespreek die vlak van bestuursvaardighede in die land, en vra of goeie bestuursvaardigheide dienslewering kan verbeter.