Nalatige amptenare só vasgevat


Wanbestuur, korrupsie, vrugtelose besteding en nalatigheid kom gereeld by staatsinstellings en munisipalteite voor. Tot dusver het die Ouditeur-Generaal geblaf, maar sonder byt en het die wanbestedings jaar-vir-jaar voortgeduur. Die Presidensie het bevestig dat president Cyril Ramaphosa die Wysigingswetsontwerp op Openbare Oudits onderteken het. Dit beteken staatsamptenare en werknemers van staatsinstansies kan persoonlik aanspreeklik gehou word vir die nalatige bestuur van staatsfondse. Hoe gaan dit werk?