Zuma deel van ANC verkiesings-veldtog?


Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party word steeds deur sy vorige leiers geïnspireer danksy hulle leierskap en leiding. Ramaphosa het gepraat by ‘n ANC-dinee in Durban in aanloop tot die bekendmaking van die party se verkiesingsmanifes. Sakelui, senior partylede, insluitende oudpresident Jacob Zuma, het die dinee bygewoon. Ramaphosa het aan die gaste vertel hoe die ANC se voormalige leiers tot die party se toekoms bygedra het. Is dit wys om voormalige president Jacob Zuma deel van die ANC se verkiesingsveldtog te maak?