Gravitasiegolwe 1e keer waargeneem van sterre-botsing 130 miljoen jr gelede


‘n Nuwe venster is oopgemaak in die sterrestelsel.

Dit is die mening van Professor Sergio Colafrancesco van die Universiteit van die Witwatersrand. Navorsers van dié universiteit het vir die eerste keer ooit die voorreg gehad om elektromagnetiese straling, wat verbind word met gravitasie golwe wanneer twee massiewe neutronsterre saamsmelt, waar te neem en op te neem.

Die gravitasiegolwe van twee neutronsterre wat 130 miljoen jaar gelede (toe dinosauriërs die aarde bewandel het) gebots het, is pas waargeneem.

Dit het die wetenskap-wêreld behoorlik aan die gons en Colafrancesco het die rede vir die opgewondhenheid aan Hanri Wondergem verduidelik.

Die botsing van twee neutronsterre veroorsaak ‘n swart gat, en kan dan ook kortstondige gammastrale uitstraal. Die waarneming ontsluit nou die eerste keer die middelstap tussen die botsing en die vorming van die swart gat, en hoe die gammastrale uitgestraal word.

Sterre en Planete: Sondag 22 Oktober 2017
Dit gebeur nie sommer dat sterrekundiges regoor die wêreld gaande raak oor ‘n gebeurtenis in die ruimte nie. Dit het die afgelope week bekend geword dat ‘n botsing van twee neutronsterre nie net gravitasiegolwe die ruimte ingestuur het nie, maar ook liggolwe. Die sterre het 130 miljoen jaar gelede gebots, en die lig van die ontploffing kon waargeneem word. Dit is ook die eerste keer dat gravitasiegolwe waargegeneem is, wat nie deur gravitasiekolke ontstaan het nie.

Kyk na die video wat die samesmelting van twee neutron-sterre voorstel:

Lees meer oor hierdie uitsonderlike gebeurtenis:

https://www.space.com/38471-gravitational-waves-neutron-star-crashes-discovery-explained.html

Luister hoe het die botsing geklink:
http://www.bbc.com/news/av/science-environment-41641724/neutron-stars-hear-the-mighty-cosmic-collision