Vrese dat Tesourie nou ook gekaap is


Spektrum: Maandag 4 September 2017

Die Tesourie word dalk gekaap deur diegene wat die Gupta’s goedgesind is. Dit is die vrees wat die hoof ekonoom van Economist punt co punt za, Mike Schussler uitgespreek het kort na die aankondiging dat daar groot persooneel skommelinge in die tesourie plaasgevind het. Die minister van finansies, Malusi Gigaba het Schalk Human die trekpas gegee, Vrydag. Human was die hoof aankope- beampte, wat ook glo betrokke was by die ondersoek teen Tigeta en Eskom se steenkool kontrakte. Schussler sê die minister se optrede is verdag en dit gaan die markte onseker stem.