Wat jy moet weet van Davos 2019


Ons praat met Piet le Roux, die hoof van Sakeliga, en Roelof Botha, die ekonomiese raadgewer van die Optimumgroep, oor die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos..

Luister ook

President Cyril Ramaphosa sê Eskom is steeds ‘n reuse uitdaging. Hy het gepraat by ‘n ontbyt vir die afvaardiging van ministers en sakelui wat vandeesweek saam met hom die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland sal bywoon. Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n beter boodskap vir beleggers by Davos. Wat is die ekonomiese waarde vir Suid-Afrika om Davos by te woon?


Adj.pres. Cyril Ramaphosa se teenwoordigheid by die Wêreld Ekonomiese Forum-beraad in Davos het die internasionale gemeenskap en media behoorlik van hom laat kennis neem.
Hoe vergelyk dit met die beeld van Amerika se pres. Donald Trump, wat ook by die beraad was, het Heindrich Wyngaard aan die politieke en beleidsanalis Theo Venter van die NWU se Besigheidskool gevra.

Ná die afgelope beraad van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, is die vierde nywerheidsomwenteling op almal se lippe. Wat behels dit en hoe gaan dit werkgewers en werknemers in Suid-Afrika beïnvloed? En daar word gekyk hoe om slaggate te vermy wanneer jy eiendom uitverhuur.


Globalisering was hoog op die agenda die afgelope week by die Davos-beraad in Switserland.
Watter plek en rol speel identiteit in globalisering?

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging in Davos (wat tussen R530 000 en R830 000 per persoon kos om daar te wees) hoop om die wêreld te wys dat Suid-Afrika ekonomies, polities en maatskaplik veerkragtig is, ten spyte van talle uitdagings. Ons ontleed van die gesprekspunte wat by Davos bespreek gaan word, veral die klem op industralisering.