Boerseun skrik nie vir ‘n tornado nie


Theunis Wessels het hom min gesteur aan ‘n tornado toe hy Vrydag die gras by sy huis in Alberta, Kanada gesny het.

Die foto wat sy vrou, Cecilia, geneem het, het soos ‘n veldbrand digitaal versprei.

Alles lyk onskuldig.

Maar kyk wat dreig in die agtergrond!

Volgens Cecilia is grassny een van Theunis se take, en toe hy begin, het hy besluit om die taak te voltooi. Sy was onbewus van die drama, tot haar dogter bekommerd kom sê het Pappa wil nie inkom nie. Toe Cecilia haar ma vra of hy nie liefs wil inkom nie, het hy bloot gesê nee wat, hy hou die tornado dop.

Sy verduideliking: die tornado was baie verder weg as wat dit lyk op die foto, en boon-op was dit aan die wegbeweeg.

Lees meer: http://www.independent.co.uk/news/world/americas/canada-man-mow-lawn-tornado-twister-shoulder-cecilia-wessels-theunis-alberta-cut-grass-back-garden-a7773076.html