Selfs die fikste mens kan weens hoogtesiekte sterf

Hoogtesiekte (altitude sickness), oftewel akute bergsiekte (acute mountain illness) kan enige mens tref, selfs die heel fikste mens wat ‘n bergpiek bó 3000m bo seespieel klim. Bokant 3000m bó seevlak bevat die lug 16% suurstof en nie meer 21% soos by seevlak nie, en behoort ‘n Suid-Afrikaner net 300m tot 500m per dag te styg om die liggaam kans te gee om by die dunner lug aan te pas en só te akklimatiseer. Enige hoogte bó 3000m kan tot hoogtesiekte ly. Die simptome is baie soos dié van griep met onder meer naarheid, duiseligheid, hoofpyn, asemhalingsprobleme. In Gesondheid op RSG, het Marí Hudson met dr. Morné Vorster, van die department pulmonologie van die Universieit van Stellenbosch se mediese skool, gesels oor hoogtesiekte na aanleiding van die onlangse dood van Gugu Zulu op Kilimandjaro en Marisa Strydom op Everest. Luister hier … Lees meer Selfs die fikste mens kan weens hoogtesiekte sterf