Haidee kuier op 332 jaar-oue Groot Constantia
Haidee Muller kuier by Groot Constantia, en vind meer uit oor die ryk geskiedenis hier. Die wynplaas is vanjaar 332 jaar oud en maak al net so lank wyn. Napoleon het voor sy dood in 1821 elke maand 30 bottels van sy gunsteling wyn van hierdie plaas na St Helena-eiland verskeep waar hy in ballingskap was.
Luister hier na die potgooi:
Foto’s: Hiermee ‘n paar foto’s van die gaste-roete by hierdie historiese wynplaas.

12 Bottels Grand Constance (2009) is verlede 15 September 2016 hier in die muur verseël . Op 2 Feb 2109 sal hierdie wyn oopgemaak word, dan sal dit presies 100 jaar oud wees.

Groot Constantia se Grand Constance is die oudste wyn wat in Suid-Afrika gemaak word. Hier is een van die oudste bottels daarvan. Napoleon het elke maand 30 bottels hiervan na St Helana-eiland verskeep waar hy in ballingskap was.