Hoe prosteses mense help wat ledemate verloor het


Sue Pyler het onlangs op RSG gesels met Jaco Deist, ‘n protetis in Pretoria oor hoe die tegnologie die afgelope dekade(s) verander het en hoe die prostese versorg moet word. Jaco is al 26 jaar in die bedryf.

Lees hier oor prostese en luister hier na die onderhoud met die prostetis Jaco Deist.

Wanneer ‘n ledemaat vir een of ander rede geamputeer word, kan ‘n prostese ‘n belangrike rol speel in rehabilitasie of selfs die vervanging van so ‘n ledemaat. Dit gee ook vir mense meer beweeglikheid en stel hulle in staat stel om daaglikse take te verrig. So kan mense wat ‘n geamputeerde ledemaat het ook sy of haar onafhanklikheid behou.

Daar is baie verskillende ontwerpe, maar die meeste prostese het dieselfde onderdele.

  • ‘n Holte waarin die stompie van die geamputeerde ledemaat pas
  • Die vering, wat die prostese aan die stompie vashou
  • Die staalpen
  • Die kunsledemaat of hak
  • Kosmetiese bedekking

Indien jy meer vrae het stuur gerus vir Jaco ‘n e-pos by jaco@limbs.co.za of besoek sy webtuiste www.deistorthotists.co.za

Lise Brink. Sy het haar been verloor in ‘n motorongeluk in Desember. Linker Bo – Knie amputasie. Bo – Knie Prostese met Rheo III knie. Die Rheo is n “Micro Processor” knie (Bionic).

Lise Brink. Sy het haar been verloor in ‘n motorongeluk in Desember. Linker Bo – Knie amputasie. Bo – Knie Prostese met Rheo III knie. Die Rheo is n “Micro Processor” knie (Bionic).

Petrus Venter. Hy het ‘n onder-knie amputasie gehad agv Diabetes II. Ongeveer 2 jaar terug sy been verloor. Diabetes verswak jou neoropatiese en vaskulêre sisteem. So, jy voel nie as jou voet seerkry nie en dan is daar swak bloed toevoer na wond, en dus swak wond genesing, wat dan kan lei na amputasie.

Solomon Mafora. Linker onder knie amputasie agv motor voertuig ongeluk.

 

Solomon Mafora. Linker onder knie amputasie agv motor voertuig ongeluk.

Solomon Mafora. Linker onder knie amputasie agv motor voertuig ongeluk. Die foto wys die “silicone liner met pin”. Die pin gaan in ‘n “lock” wat dan die prostese aan die “stomp” vashou.

 

“Flex Run met Nike Sole” Hardloop of Draf prostese. ‘n “amputee” kan nie met ‘n gewone prostese, soos in die vorige foto’s hardloop nie. Jy het ‘n langer meer “flexible Blade” nodig, wat die skok kan absorbeer en wat meer energie terug kan gee.

 

“Flex Run met Nike Sole” Hardloop of Draf prostese. Van voor afgeneem.

Dan is daar bioniese prosteses. Dit strek verder as net ‘n “houtarm”, maar ‘n prostese wat kan kommunikeer met die brein. Vind aangeheg ‘n prentjie ter illustrasie.

‘n Gedeeltlike voet prostese. Baie goed gedoen vir hoe lank terug dit was.

A wooden toe: Swiss Egyptologists study 3000-year-old prosthesis

It is likely to be one of the oldest prosthetic devices in human history: Together with other experts, Egyptologists have reexamined an artificial wooden big toe. The find is almost 3000 years old and was discovered in a female burial from the necropolis of Sheikh ´Abd el-Qurna close to Luxor. This area is currently being studied using state-of-the-art methods.

Lees die volle artikel: http://edition.cnn.com/2017/06/22/health/ancient-egypt-wooden-toe-prosthetic-trnd/index.html

 

Credit: University of Basel, LHTT. Image: Matjaž Kacicnik