NUUS: Kabinetskuiwe, Mantashe ongemaklik


Nuus: Vrydag 31 Maart 2017.

11:00

Klik hier vir reaksie en kommentaar op News24 oor die jongste gebeure.

Vanoggend: Daar is betogings teen Staatskaping voor die Tesourie se kantore in Pretoria.

10:00
Die DA sê president Jacob Zuma se besluit om Pravin Gordhan af te dank as minister van finansies, is ‘n aanduiding dat die president uit voeling is met die wense van gewone Suid-Afrikaners. Die DA-woordvoerder, Mabine Seabe sê dit behoort ‘n wekroep te wees vir alle landsburgers om saam te staan en die grondwet te verdedig. Seabe sê die president steur hom nie aan die lot van die meer as nege miljoen werklose Suid-Afrikaners nie.

Die Vryheidsfront Plus sê in sy reaksie die aanwysing van Malusi Gigaba as die nuwe minister van finansies is deel van die voortgesette uitbreiding van staatskaping deur die Gupta’s en versterk ook Zuma se faksie binne die ANC. Die party sê Gigaba het nie ‘n behoorlike finansiële agtergrond of kwalifikasie nie. Die woordvoerder sê die enigste ligpunt is dat die kabinetskommeling die ANC verder verdeel en dat die party in 2019 dus uitgestem kan word as regerende party.

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe sê president Jacob Zuma weet dat die regerende party nie tevrede is met die kabinetskuiwe nie. Hy sê die ANC is slegs ingelig oor die besluit en nié geraadpleeg nie. Volgens Mantashe dra die ANC se standpunt geen gewig nie. Die president het gisteraand met die ANC se top ses leiers vergader voordat die aankondiging gemaak is. Mantashe sê die kabinetskommeling maak hom ongemaklik en op sy senuwees.

Die nuwe ministers en hulle adjunkte word vanaand by die Presidensiële gastehuis in Pretoria ingehuldig.
09:00

  • Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe sê president Jacob Zuma weet dat die regerende party nie tevrede is met die kabinetskuiwe nie. Mantashe het gereageer nadat Zuma gisteraand vyf ministers afgedank het. Hy sê die ANC is slegs ingelig oor die besluit en nié geraadpleeg nie. Volgens Mantashe dra die ANC se standpunt geen gewig nie. Die president het gisteraand met die ANC se top ses leiers vergader voordat die aankondiging kort voor middernag gemaak is. Mantashe sê die kabinetskommeling maak hom ongemaklik en op sy senuwees.

  • Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty sal die afdanking van Pravin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas later vanoggend tydens ‘n vergadering van sy Politburo bespreek. Die SAKP is ook sterk gekant teen Gordhan se afdanking. Die tweede adjunk-sekretarisgeneraal, Solly Mapaila, sê die SAKP is nie oortuig dat die president ‘n rede vir die stap gehad het nie. Die Presidensie het intussen aangekondig dat die nuwe ministers en hulle adjunkte vanaand by die Presidensiële gastehuis ingehuldig word

    08:00

  • Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party moet besluit of hy sy dreigement gaan deurvoer om al sy lede uit die kabinet te onttrek nadat Pravin Gordhan en Mcebisi Jonas as minister en adjunk-minister van finansies afgedank is. Dit volg nadat president Jacob Zuma laat gisteraand ‘n kabinetskommeling aangekondig het. Vyf ministers is afgedank en tien nuwe ministers en adjunkministers is aangestel. Nie een van die ministers wat in die pad gesteek is was na-aan die president nie. Omstrede ministers soos die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini en die minister van Kommunikasie, Faith Muthambi is behou. Muthambi is egter verskuif en is nou die minister van die staatsdiens. Die SAKP-lede in die kabinet is die minister van Hoër Onderwys, Blade Nsimande, die adjunkminister van Openbare Werke, Jeremy Cronin, die minister van sport, Thulas Nxesi, die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies en die minister van Ekonomiese Ontwikkeling, Ebrahim Patel. Die Rand het met vyf persent verswak nadat Gordhan afgedank en die minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba in sy plek aangestel is. Sfiso Buthelezi is as adjunk-minister aangestel. Die rand het tot 13-rand-45 teruggesak voordat dit effens herstel het.

  • Die Parlement het bevestig dat die DA ‘n versoek ingedien het dat ‘n mosie van wantroue in President Jacob Zuma ingestel word. Die woordvoerder van die Parlement sê die Nasionale Vergadering sal dit oorweeg en binnekort daarop reageer. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die mosie ingedien en sê dit is in reaksie op Zuma se kabinetskuiwe en die besluit om Gordhan en Jonas uit die tesourie te verwyder. Dit is die eerste mosie van wantroue wat Maimane vanjaar indien. Hy het ook verlede jaar in Maart ‘n mosie van wantroue in Zuma ingedien ná die afdanking van die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene, die vorige jaar. Daarbenewens het Maimane verlede November ‘n soortgelyke mosie ingedien. Nie een van die mosies was egter suksesvol nie.

    07:00

  • Die rand het dramaties verswak na die aankondiging dat president Jacob Zuma Pravin Gordhan as minister van Finansies afgedank het. Hy word vervang deur die vorige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba. Gordhan se adjunk, Mcebisi Jonas, is ook afgedank en word vervang deur Sifiso Buthelezi wat voorheen ‘n ekonoom was. Die rand verhandel rondom 13-rand 43 teenoor die dollar nadat dit voor die aankondiging van die kabinetskommeling teen 12-rand 81 teenoor die Amerikaanse geldeenheid verhandel het. Gordhan word na bewering betrek in ‘n intelligensieverslag dat hy in die Verenigde Koninkryk was om Jacob Zuma se val te probeer bewerkstellig. Hy is ook telkemale deur die Valke ondersoek. Gordhan het streng oor staatsinstellings gewaak en dikwels uitgevaar teen swak bestuur. Die aankondiging van die omvattende kabinetskommeling is laat gisteraand gemaak, nadat Zuma weer met die top ses ANC leiers vergader het.

    Zuma het vyf ministers afgedank.
    Buiten Gordhan, is die minister van Toerisme Derek Hanekom,
    die minister van Vervoer, Dipuo Peters,
    die minister van Energie Tina Joemat Petterssen en
    die staatsdiensminister, Ngoako Ramathlodi ook uit die kabinet geskop.

    Zuma het altesaam tien nuwe ministers en adjunkministers aangestel en ministers na ander portefeuljes verskuif. Die president het in ‘n kort verklaring gesê hy het hulle opdrag gegee om saam met hul kollegas te werk om sosio-ekonomiese transformasie te bewerkstellig.

    Die nuwe ministers is:
    Polisie – Fikile Mbalula;
    Energie – Mmamoloko “Nkhensani” Kubayi;
    Binnelandse Sake – Hlengiwe Mkhize;
    Vervoer – Joe Maswanganyi;
    Openbare Werke – Nathi Nhleko;
    Sport en Rekreasie – Thembelani Nxesi;
    Toerisme – Tokozile Xasa;
    Staatdiens en Administrasie – Faith Muthambi en
    Kommunikasie – Ayanda Dlodlo.

    Klik hier vir die volledige lys van nuwe Ministers en Adjunk-Ministers.

  • Die Parlement het bevestig dat die DA ‘n versoek ingedien het dat ‘n mosie van wantroue in President Jacob Zuma ingestel word. Die woordvoerder van die Parlement sê die Nasionale Vergadering sal dit oorweeg en binnekort daarop reageer. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die mosie ingedien en sê dit is in reaksie op Zuma se kabinetskuiwe en die besluit om Gordhan en Jonas uit die tesourie te verwyder. Dit is die eerste mosie van wantroue wat Maimane vanjaar indien. Hy het ook verlede jaar in Maart ‘n mosie van wantroue in Zuma ingedien ná die afdanking van die voormalige minister van finansies, Nhlanhla Nene, die vorige jaar. Daarbenewens het Maimane verlede November ‘n soortgelyke mosie ingedien. Nie een van die mosies was egter suksesvol nie.

    06:00

  • President Jacob Zuma het die land se minister van finansies, Pravin Gordhan afgedank en hom vervang met die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba. Die aankondiging van die omvattende kabinetskommeling is laat gisteraand gemaak, nadat Zuma weer met die top ses ANC leiers vergader het. Gordhan se adjunk, Mcebisi Jonas, is ook in die pad gesteek en word vervang deur die relatief onbekende Sifiso Buthelezi, wat voorheen ‘n ekonoom was. Zuma het in totaal vyf ministers afgedank. Buiten Gordhan, is die minister van Toerisme Derek Hanekom, die minister van Vervoer, Dipuo Peters, die minister van Energie Tina Joemat Petterssen en die staatsdiensminister, Ngoako Ramathlodi ook uit die kabinet geskop. Zuma het altesaam tien nuwe ministers en adjunkministers aangestel en ministers na ander portefeuljes verskuif. Die president het in ‘n kort verklaring gesê hy het hulle opdrag gegee om saam met hul kollegas te werk om sosio-ekonomiese transformasie te bewerkstellig. Die nuwe ministers is: Polisie – Fikile Mbalula; Energie – Mmamoloko “Nkhensani” Kubayi; Binnelandse Sake – Hlengiwe Mkhize; Vervoer – Joe Maswanganyi; Openbare Werke – Nathi Nhleko; Sport en Rekreasie – Thembelani Nxesi; Toerisme – Tokozile Xasa; Staatdiens en Administrasie – Faith Muthambi en Kommunikasie – Ayanda Dlodlo. Nege nuwe adjunk-ministers is ook aangestel.

  • Die rand het in reaksie op die aankondiging van 12 rand 81 gisteraand om sesuur, gedaal tot 13 rand 44. Die ekonoom, Dawie Roodt, sê die rand se daling kom terwyl die geldeenheid die afgelope paar maande onder geweldige druk was. Roodt sê die geldeenheid kan in die komende weke onder verdere druk kom en verder daal, veral in die lig van die graderingsagentskappe se reaksie op die gebeure in die land.

    05:00

  • Malusi Gigaba is die land se nuwe minister van finansies. President Jacob Zuma het laat gisteraand ‘n kabinetskommeling aangekondig en Pravin Gordhan uit die Tesourie verskuif. Gigaba was voorheen Minister van Binnelandse sake. Die nuwe adjunkminister van finansies is Sfiso Buthelezi, nadat Mcebisi Jonas se kop ook gerol het. Volgens die presidensie is die ander ministers wat aanstellings: Polisie – Fikile Mbalula; Energie – Mmamoloko “Nkhensani” Kubayi; Binnelandse Sake – Hlengiwe Mkhize; Vervoer – Joe Maswanganyi; Openbare Werke – Nathi Nhleko; Sport en Rekreasie – Thembelani Nxesi; Toerisme – Tokozile Xasa; Openbare Diens en Administrasie – Faith Muthambi en Kommunikasie – Ayanda Dlodlo. Nege nuwe adjunk-ministers is ook aangestel.

  • Die Inspekteurgeneraal van Intelligensie, Isaac Dintwe, is gevra om ondersoek in te stel na die kansellering van Pravin Gordhan se internasionale beleggingstoer. Die DA se woordvoerder van finansies, David Maynier, sê Zuma se besluit om Gordhan van sy reis terug te roep op grond van ‘n beweerde intelligensieverslag, vereis ‘n verduideliking. In die verslag word beweer dat Gordhan geheime vergaderings met persone in Britanje en Amerika sou hou om die omverwerping van Zuma se regering te bespreek. Maynier het die verslag beskryf as die soort onsin wat mens van die Russiese president, Wladimir Poetin, sou kon verwag. Maynier sê Zuma se binnekring is geneig om samesweringsteorieë op te dis wat die land se ekonomie ernstige skade kan berokken.