Suid-Afrika se mooiste aardbol


Die Karel Landman-monument is op ‘n koppie langs die R72 – die provinsialepad tussen Port Elizabeth en Alexandria, geleë. Foto: Mariska Spoormaker

Op ‘n koppie wat uitkyk oor Oos-Kaapse plase en natuurreservate in die Alexandria-distrik, staan ‘n reuse aardbol met n span ossewaens wat oor die Suidpunt van Afrika trek. Dít is die Karel Landman-monument, sowat 116 kilometer oos van Port Elizabeth.

By dié monument het Mariska Spoormaker vir Riana Heyneke, voorsitter van die Karel Landman-komitee, gevra hoekom dié aardbol daar staan.

Die goeie nuus is dat hierdie unieke monument nou ten volle gerestoureerd is en dat die jaarlikse Geloftediens wéér op 16 Desember op die terrein aangebied sal word.

Die restourasiewerk is voltooi en nou is die ossewatrek oor die suidpunt van Afrika éérs duidelik. Foto: Marie Greyvenstein.

Links is Marie Greyvenstein, historikus en skrywer van geskiedkundige boeke wat ook n boek oor Karel Landman geskryf het. Langs haar sit Riana Heyneke, voorsitter van die Karel Landman Mounmentkomitee. Foto: Mariska Spoormaker.