Antarktika, ‘n ander wêreld
Antarktika ‘n Ander Wêreld is die eerste dokumentêr in ons nuwe dokumentêre reeks wat Donderdag 2 Julie 20:00 begin. Dis regtig iets besonders.
Sowat 90% van die wêreld se varswater is in Antartika se ys opgesluit; maar tog is dit die droogste plek op aarde. Op sommige plekke op dié vasteland het dit 2 miljoen jaar laas gereën of gesneeu! Almal wat al daar diens gedoen het, is dit eens dat Antartika ‘n ervaring is wat ‘n groot indruk laat. Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Ekspedisie span, SANAE, spandeer tot 14 maande aaneen in dié yswêreld. Este Gross laat hoor vir ons ietsie van hierdie Anderste Wêreld ..
Luister na ‘n klankgreep uit die dokkie.
Luister na die volle program:
Hier is ‘n skakel na 29 feite oor Antarktika.
Hier is ‘n klompie foto’s wat mens ‘n idee gee van hoe dit is om daar te lewe.