ATKV vereer 8 RSG-radiomense

Die ATKV-Mediaveertjies, reeds vir meer as ’n dekade die mees vooraanstaande Afrikaanse media-toekenningsgeleentheid, het vanjaar ’n splinternuwe baadjie aangetrek met ’n nuwe beoordelingsformaat asook die aanlyn-bekendmaking van die wenners. Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê dis noodsaaklik om die media te vereer, en vanjaar – te midde van die Covid-19-pandemie – soveel te meer. “Ons het die afgelope paar weke opnuut bewus geword van die kritieke rol wat die media ook in tye van krisis en uitdaging speel. Dit is die media wat ons ingelig hou; ons opvoed oor alle aspekte van onder meer die pandemie, nie slegs plaaslik nie, maar ook internasionaal; en wat vermaak, iets wat veral nou broodnodig is. “Ons salueer die hele spektrum van die media, en veral ons 2020-wenners. Julle uitstaande bydraes verdien verering en erkenning. Doen so voort!” Brits het ook aangekondig … Lees meer ATKV vereer 8 RSG-radiomense