Begeertes borrel na bo in nuwe familiesage

‘n Familiesage wat in die Jakarandastad afspeel en propvol liefde en hoop is… Dit is RSG se nuwe middagstorie, van Maandag 1 Junie, elke weeksmiddag om 14:45. Die Lingerfelders volg op Wild en Woeker en word geskryf en in Johannesburg opgevoer deur Mari Snyman, ook bekend om die radioreeks Bure. Die storie en karakters Die Lingerfelders bly in Pretoria: Jakarandastad (al het Jozi meer jakarandabome): Afrikaner-bakermat. Die gesin is bevoorreg, danksy die die feit dat die patriarg, Chris (Anton Schmidt), ‘n ‘self-made man’ is, wat goed vir sy gesin sorg. Hy en sy vrou Bets (Heidi Mollentze) is getroud toe hulle baie jonk was. Hulle het oor die jare van mekaar verwyder geraak, maar beide hou ‘n front voor. Hulle enigste biologiese kind, Danny (Pietie Beyers), is die appel van sy ma se oog, maar die doring in sy pa … Lees meer Begeertes borrel na bo in nuwe familiesage