Beste oefeningswenke deur ‘n gym-instrukteur


Frederika (Wielie) Frick in aksie tydens ‘n driekamp.

Frederika, oftewel Wielie Frick, is ‘n ervare persoonlike instrukteur en driekamp-atleet. Sy gee hier die beste oefeningswenke vir beginners en vir almal wat oefening wil doen of bloot net meer aktief wil word.

Marí Hudson het in die gym ‘n paar vrae oor oefeningsfoute, wenke om beserings te voorkom, watter spiergroepe eerste versterk moet word, en oor strekke aan die persoonlike instrukteur van die Paarl gestel.

Veral as jy ‘n beginner is en wil seker maak jy doen die oefeninge korrek, of dat jy die regte oefeninge vir die regte spiere doen, of as jy sukkel met selfdissipline en jy het ‘n vaste afspraak nodig as deel van jou motivering, is ‘n persoonlike instrukteur baie waardevol. ‘n Gym kan baie intimiderend wees, en die apparate vreemd, maar die regte hulp kan help om hierdie intimidasie te versag. Onthou ook, om met gewigte te oefen, beteken nie jy gaan spiere bou soos ‘n spiertier nie, maar bloot jou spiere meer tonus gee.

Luister na die kort klankgrepe.

1. Haar raad om die algemeenste oefeningsfoute uit te skakel:

2. Haar beste oefeningswenke:

3. Haar wenke oor watter spiere eerste geoefen moet word en om jou rug te beskerm teen beserings:

4. Waarom is strekke belangrik?

 

Wielie Frick as sy nie besig is met drielkamp of om mense in die gym te help nie.

Hoe gebruik mens van die apparate in ‘n gym?

Klik op hierdie skakel en lees en kyk na die kort video’s hoe sewe van die algemeenste apparate korrek gebruik moet word.

Hier is nog ‘n artikel met beskrywings en video’s vir beginners oor hoe om gym-apparate te gebruik.