‘Kweek dit self’ nou op rak


‘n Trend wat die afgelope paar jaar sterk posgevat het, is om jou groente, en selfs vrugte self te kweek in jou jaart, op die balkon of sommer net in ‘n paar potte. Dis ook terapeuties om in jou eie groentetuin, hoe klein ookal, te skoffel.

As jy nie weet watter groente of vrugte in jou tuin sal aard, hoe jy dit moet versorg en waar begin ‘n mens, dan is die nuwe boek Kweek dit Self net die regte handleiding.

JJ van Rensburg en Tinus Oberholzer se boek, Kweek dit Self, is ‘n allesomvattende gids vol praktiese riglyne en kleurfoto’s te wat jou sal leer hoe om van jou tuin tot jou tafel te kan leef.

Of dit nou vars groente, vrugte, neute en selfs kruie is. Kweek dit self, ook in engels beskikbaar as Grow your own, word gepubliseer deur Briza Publikasies en is nou direk by Briza of by vooraanstaande boekwinkels beskikbaar.