RSG Boeke en CD’s is ideale Kersgeskenke


RSG se boeke en CD’s is werklik ideale Kersgeskenke. Kyk net waaruit jy kan kies om as geskenk vir iemand anders (of jouself) mee te bederf hierdie feesgety:

Boeke

Toe-Val-Lig
Amore Bekker het die beste stories gekies uit luisteraars (en enkele bekendes) se bykans ongelooflike vertellings van toeval, en die vreende draaie wat die lewe soms met ons loop, soos uitgesaai op RSG se Tjailatyd.

Daar is stories wat jou sal laat lag, huil of in verwondering laat.

Die Tale wat ons Praat 

Hierdie boek oor taaldinge uit die RSG-program Die Tale wat ons Praat is ‘n lekkerlees interessante boek, maar gee ook leiding oor kwelvrae soos wanneer praat ek van moreel en wanneer van moraal.

Lag Sonder Grense
Dié boek bevat ‘n stywe dosis van die regte medisyne. As jy ‘n geskenk vir iemand soek, kan die boek jou redding wees.

Kry jou kopie by toonaangewende boekwinkels. Jy kan dit ook direk bestel by Lapa Uitgewers of as e-boek by Amazon.com.

Sterre en Planete
Die prag en grootsheid van die heelal was nog altyd vir die mens ‘n misterie, een wat hom verwonderd laat. En te oordeel aan die gewildheid van RSG se program Sterre & Planete, is daar ‘n toenemende belangstelling in wat in die ruimte aangaan en hoe die aarde en ons as mense daarby inpas.

‘n Samevatting van hoogtepunte uit die radioprogram Sterre en Planete verskyn nou ook in boekvorm.

Rand en Sent
Die waardevolle inhoud en wenke oor persoonlike finansies wat RSG oor die jare vir jou in ons program Rand & Sent aangebied het, is in boekvorm uitgegee. Rand & Sent, uitgegee deur Penguin, is nou beskikbaar in alle goeie boekwinkels, en as e-boek.

Alles wat jy moet weet oor bv huiskoop, testamente, polisse en hoe om ’n begroting op te stel – en te laat klop! – sal jy in dié boek vind.

CD’s

Fritz Klaaste se Goue Oues CD: ‘n Samestelling van gewilde Goue Oues soos gespeel op Sondagmiddag met Fritz op RSG,  is nou op CD beskikbaar. In dié baie gewilde Sondagmiddag-program speel Fritz Klaaste musiek uit die goue jare van popmusiek oor byna drie dekades.

Vat Vyf volume 7: Daar het onlangs ʼn sewende volume van Derrich Gardner en RSG se Vat Vyf- CD verskyn.