Danno die Drummer Boy
Danno die Drummer Boy is reeds van die ouderdom van vier af ‘n geborgde tromspeler van Yamaha, die jongste nog. Op elf maak hy geskiedenis en word die jongste universiteitstudent in Afrika deur by die Universiteit van Wes-Kaapland in te skryf.
Danno skryf dié jaar, op twaalf jaar oud, die Graad 8 Trinity-musiekeksamen. Hy beoog om volgende jaar sy lisensiaat te voltooi.
Esté Gross het by Daniel Peterson, beter bekend as Danno the Drummer Boy gaan kuier en gesels met Danno en sy Pa Danny oor die jong mannetjie se groot talent en sy planne vorentoe.
Kyk na ‘n video waar Danno tromme speel.
Hier is nog ‘n video oor die Drummer Boy.