2015/2016 Droogte en stofstorms
Die droogte is die hewigste sedert 1934.
Gemiddelde damvlakke is onder 55% teenoor 82% dieselfde tyd verlede jaar.
Kyk na die kaarte van die SA Weerburo oor gemiddelde reënval in Suid-Afrika en dan besef mens hoe min dit werklik gereën het.
Die sketse verduidelik hoe El Nino werk en hoe die gemiddelde temperature styg.
Hier is die gesig van die droogte – sonder foto’s van diere wat gevrek het. Dis foto’s wat deur boere en mense in die omgewings geneem is. As luisteraars nog foto’s van die droogte het, laai gerus op Ooggetuie.
En dan is daar nog die skrikwekkende maar asemrowende stofstorms in die Vrystaat, geneem deur mense wat dit beleef het. As luisteraars nog dramatiese foto’s van stofstorms het, laai gerus op Ooggetuie.