Die ANC, korrupsie, Ace en 30 dae…


Die magte van die ANC se integriteitskommissie en hulle aanbevelings bly ‘n tameletjie vir die ANC se nasionale uitvoerende komitee. In eie geledere is daar diegene wat glo die integriteitskommissie is nie bemagtig om hulle werk te doen nie en dat aanbevelings nie bindend is nie. Die kommissie het onder meer bevind dat die party se sekretarisgeneraal, Ace Magashule, opsy moet staan totdat die korrupsiesaak teen hom afgehandel is, maar dit het nie gebeur nie. Ander het ‘n probleem met rapportering en voel die kommissie moet aan die NUK verslag doen en nie aan die sekretariaat nie. Hoe wyd en beslissend strek die magte van die ANC se NUK en hoe bring dit, indien wel, president Cyril Ramaphosa se planne tot uitvoering?

Lynette Francis gesels met twee kundiges in Praat Saam.