Luister weer: Die Chinese gemeenskap in Suid-Afrika


Alhoewel China die derde grootste land ter wêreld is, het dit die grootste bevolking.

Daar is sowat 7-miljard mense op die aardbol, sowat 1-miljard hiervan bevind hulle in China. ‘n Opname van 2015 toon dat meer as 400 000 Chinese in Suid-Afrika bly.  Dié gemeenskap is teenwoordig in omtrent elke klein plekkie in Suid-Afrika. Die Chinese is nie net ekonomies aktiewe mense nie, hulle bly graag saam in groepe saam en leef hulle kleurvolle geskiedenis en kultuur uit.

Die Chinese Gemeenskap in Suid-Afrika is ‘n dokumentêre program op 24 September 2020 om 8-uur die aand,  deur Jacqui January, wat die storie vertel die geskiedenis en rol van dié bevolking in Suid-Afrika. ‘n Tweede generasie Suid-Afrikaanse Chinees is ons gids vir hulle lewensreis in Suid-Afrika.

Die Chinese gemeenskap in Suid-Afrika is al ouer as 300 jaar. Hulle het ‘n manier om hulle te vestig met ‘n eiesoortige kultuur van ekonomie en leefstyl. Dié eeue oue kultuur is ingeweef in ‘n Westerse kultuur, en is ook deel van die reënboognasie se lief en leed.

Ons September dokumentêre