Die jongste oor grondonteiening en eiendomsreg
Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê die werklike probleem met grondhervorming is die gebrek aan politieke wil binne die ANC, en dat inmenging om artikel 25 van die Grondwet oor grondonteiening te toets, rampspoedige gevolge vir die ekonomie sal hê, wat beleggers sal afskrik. Watter rol kan grondhervorming speel om eiendomsreg in Suid-Afrika uit te brei.
Lees en luister ook
Landbougemeenskap moenie grondhervorming vrees nie – Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa sê boere moenie bang wees nie, maar moet met die regering saamwerk om ‘n oplossing vir grondhervorming te vind. Ramaphosa het gisteraand tydens ‘n besoek aan die SAUK in Auckland Park gesê boere het talle idees om die grondprobleem aan te pak. Izak du Plessis het met Ramaphosa gepraat….
Die afsnydatum vir die openbare verhore van die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee, wat die onteiening van grond sonder vergoeding moet oorweeg, gaan heel moontlik uitgestel word. Die komitee het reeds meer as ‘n 100-duisend skriftelike voorleggings ontvang. Die afsnydatum vir die skriftelike voorleggings is einde Mei, terwyl die openbare verhore se Augustus afsnydatum dalk tot September verskuif moet word. Vincent Smith, ANC-LP en medevoorsitter van die komitee, se^ al die vergaderplekke wat deur die komiteelede in die proses besoek gaan word, sal vandag (DONDERDAG) aangekondig word. Hy het met Malixole Gwatyu gepraat…
Lees en luister ook
Geskiedenis word tot ‘n groot mate deur die maghebbers bepaal. Die Suid-Afrikaanse geskiedenis AANLYN blad – SA History Online – het ‘n artikel gepubliseer oor die sogenaamde leë land-teorie. Daarin verduidelik die skrywers hoe die Britse Ryk en later die Nasionale Party aangevoer het dat die land leeg was en dat swart mense vanuit die noorde en wit mense van die suide deur die land getrek het. Die artikel wys daarop dat die teorie nie histories of antropologies bewys kon word nie. Nou is die vraag of die geskiedenis die politiek van die dag dien of andersom. Metzi van der Merwe doen verslag.
Suid-Afrika behoort aan die Khoe en San en daarom is die regering se konsultasieproses oor die onteiening van grond sonder vergoeding ‘n bedrogspul en nie werkbaar nie. So sê Anthony Phillip Williams, leier van die Inheemse Eerste Nasie-beweging van Suid-Afrika. Dit volg na ‘n Khoe- en San-grondberaad in Johannesburg waaraan verskeie belangegroepe waaronder Afriforum, Black First Land First en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie deelgeneem het. Williams sê die huidige debat oor grondbesit in Suid-Afrika is oneties as dit sonder die stem of deelname van die Khoe San, die eintlike grondbesitter van die hele Suid-Afrika, plaasvind. Volgens hom moet Suid-Afrika eers simbolies aan die Khoe en San teruggee word, alvorens daar oor enige grondverdeling gepraat kan word. Malixole Gwatyu het met hom gepraat.
Terwyl geskiedkundiges meen dat politici geskiedenis dikwels manipuleer en inspan om hulle eie posisie te versterk, sê argeloë die aarde vertel nie leuens nie. Marlinée Fouché berig dat die argeologie juis kan help om van die leë spasies in ons geskiedenis in te vul. Vondse uit veral die ystertydpek, toon dat hier wel mense in Suider-Afrika geleef het voor Jan van Riebeeck se aankoms in 1652…