“Geen rede hoekom SA nie vóór winter 2021 Covid-vaksien beskikbaar kan hê nie”

“Daar is geen rede waarom Suid-Afrika nie voor die winter van 2021 ‘n Covid-vaksien in ons land beskikbaar kan stel nie. Voorts moet die Regering alle moontlike vaksiene ondersoek en moontlik meer as een beskikbaar stel vir mense in Suid-Afrika om te pas by die verskillende omstandighede.” “Die pandemie sal opvlam in golwe totdat mense gevaksineer word. En hoe gouer, hoe beter vir Suid-Afrika. Grendelstate gaan nie die virus se verspreiding beheer nie. Die individu self moet verantwoordelik wees, en groot byeenkomste vermy, hande was, fisieke afstand handhaaf en ‘n masker dra maar ook oor jou neus en nie aan die buitekant van die masker vat nie, want viruspartikels kan reeds daarop lê.” “Die styging in natuurlike sterftes is sorgwekkend en is waarskynlik ‘n kombinasie van ongediagnoseerde Covid-steftes en kolaterale sterftes weens die fokus op Covid. Elke sterfte wek sorg.” … Lees meer “Geen rede hoekom SA nie vóór winter 2021 Covid-vaksien beskikbaar kan hê nie”