Die sosiale rangorde van bye is… kommunisties!
In ‘n byekorf word die hele kolonie deur die koningin beheer. Haar onderdane werk hulle dood vir haar en haar nageslag. Jacqui January het meer oor bye gaan uitvind by dr. Francios Durand van die department Dierkunde by die Universiteit van Johannesburg.

Die werkerbye gaan haal nektar en bring dit na die korf om heuning te maak. Die werkerbye werk hul letterlik dood. Hulle vlieg hul vlerkies stukkend. Teen die tyd wat hulle op die grond na nektar soek, is hulle vlerke al baie uitgerafel.

Die werkerby is onvrugbaar en die kleinste; die manlike vegtersby wat die koningin en die korf beskerm, is groter; en die koninginby is die grootste in die korf.