Die troeteldiere van Mostert 16

Omtrent al die personeel in die Johannesburgkantoor weet van Mostert 16 se manewales – as dit nie die twee tienerseuns is nie, is dit die vier honde.  Ja, dis reg – vier van hulle en hulle wissel in grootte.  Louise Jooste, bemarkingsbestuurder van RSG en haar man Lawrence, het van vroeg in hul kinders se lewens, hulle bekend gestel aan troeteldiere. Troeteldiere gee kinders ‘n ekstra vriend, leer hulle om liefde en omgee uit te leef, en leer hulle ook verantwoordelikheid deur te sorg vir vars kos en water en klein takies. 8 Jaar gelede: die koms van Gina en Jackie So met die jare het die seuns elkeen ‘n hond gekry.  Reece (17 jaar oud) het self vir Gina, ‘n kruis-Labrador haar naam gegee, en Dylan (12 jaar oud) het besluit om sy Jack Russel sommer Jackie te noem. … Lees meer Die troeteldiere van Mostert 16