Luister weer na die dokumentêr: Die waterdraers
Daar is wêreldwyd nagenoeg 44 miljoen werkende donkies, volgens statistieke van die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koninkryk. Niemand weet werklik hoeveel donkies daar in Suid-Afrika is nie.
Die meeste mense is onbewus van die die nood en omstandighede waarin die donkies moet oorleef.
Die dokumentêr, Die waterdraers, belig die haglike omstandighede en mishandeling wat donkies daagliks in sommige townships, moet verduur.
Esté Gross is saam met die Highveld Horse Care Unit op n uitreik na die SMASHA BLOCK township, ‘n armoedige gemeenskap wat in Northam naby ‘n mynskag woon.
Die lyding van die diere word vererger deur die wurggreep van die droogte waarin mense en dier vasgevang is. Dit is daaglikse ‘n stryd om oorlewing.
Die dokumentêr dien as ‘n wekroep vir almal wat nie bewus is van die stryd van die nederige diensbare donkie in SA nie.
(Neem kennis, die dokumentêr mag sensitiewe luisteraars onstel)
Die foto’s van die donkies in die dokumenter is geneem is in die Smasha Block Township in Northam, Limpopo.

Die uireikspan van die Highveld Horse Care Unit van links na regs, Inspekteur Nadia Saunderson: projekbestuurder, Ishmael Maki: inspekteur in opleiding, donkiedrywer, Este Gross, donkiedrywer en Samson Phupha: hoefsmit.

Sweep. Die eienaars slaan die donkies dikwels in die gesig, wat blindheid veroorsaak. Die sweep veroorsaak ook wonde, veral op die donkies se ore.

Een van die talle algemene beserings. Donkies het veral wonde aan hulle nekke, weens die yster van die waentjies wat hulle druk en skaaf.

‘n Donkie in n klein kamp. Die sinkplate en ysters hou gevare in vir die donkie en kan lei tot beserings.
Indien jy op enige manier betrokke wil raak by opheffingsprojekte of ‘n bydrae wil lewer om die Highveld Horse Care Unit te ondersteun, is jy welkom om die Highveld Horse Care Unit te skakel 081 598 3842 of 081 573 4098.
Die eposadres: info@horsecare.org.za
Webtuiste: www.horsecare.org.za
Die besonderhede van die NDBV wat ook n donkie-opheffingsprojek het, is ook beskikbaar op die webtuiste: www.nspca.co.za
Daar is verskeie maniere hoe jy as borg of vrywilliger betrokke kan raak of selfs ‘n donkie kan aanneem.
Enige terugvoer is welkom. 45770 R.150 n sms of epos na die Ateljee rsg.co.za.