Dokumentêre 21 Feb – 14 Maart


Ons is tans midde-in ons eerste dokumentêre seisoen vir 2019. Hier is enkele van die dokumentêre programme wat op jou wag.

Datum Titel & Samesteller Tema
21-Feb Skrif teen die muur.
Saamgestel deur Lizelle de Bruyn
Straatkuns, wat onder andere ook graffiti insluit, word dikwels as vandalisme beskou. Die teendeel is egter dat daar heelwat denke en beplanning in die kuns ingaan. Straatkuns lewer sosiale kommentaar, dikwels op dinge waaroor mense nie wil of kan praat nie.
Lizelle de Bruin stap deur die strate van Woodstock in die Kaap saam met ‘n grafitti kunstenaar om oor die kunsvorm te gesels.
28-Feb Van eekhoring tot Springbok – die Damian Willemse storie. 
Saamgestel deur Jody Hendriks
Damian Willemse het in 2018 sy buiging vir die Springbokspan gemaak. Hy is slegs 20 jaar oud maar daar word reeds dinge op die rugbyveld van hom verwag. Hy het sy rugby by die “Squirrels” rugbyspan op Somerset Wes geleer.
Jody Hendricks het gaan ondersoek instel oor waar sy liefde vir rugby begin het, wie die persoon was wat sy talent raak gesien en op die regte pad gehou het.
7 Mrt. Give a little love.
Saamgestel deur Martelize Brink
Persoonsfokus op pianis en liedjieskrywer, Ibrahim Khalil Shihab.  Hy is ‘n Bo-Kaapse / Cape Jazz komponis en liedjieskrywer sedert die laat 60s.”‘Give a little love” soos opgevoer deur Zayn Adams is een van sy bekendste liedjies.
Gesprekke met mede-musikante, gemeenskapslede en familie oor sy nalatenskap en die 60s se Cape Jazz oplewing.
14 Mrt. Die Kunskombuis.
Saamgestel deur Este Gross
Die getal haweloses in Johannesburg neem daagliks toe. Die mense se selfwaarde word ook afgebreek deur die uitmergelende omstandighede van ‘n lewe op straat en elke dag se bakhand staan. Dit is moeilik om uit die kringloop te breek, maar daar is hoop. Esté Gross vind uit oor ‘n sopkombuis wat nie net elke dag kos gee nie, maar ook mense wat na die sopkombuis toe kom, die kans gee om te leer hoe om produkte uit herwinbare materiale te maak wat hulle kan verkoop vir inkomste. Sy praat ook met ‘n hawelose man wat sy droom om ‘n voltydse kunstenaar te word nastreef en reeds sy eerste groot opdrag, ‘n muurskildery, voltooi het.