Dokumentêr: ‘Rasta agter die rookskerm’ met die Rastafariërs van Knysna
Loop agter die rookskerm in met Johan Rademan, Donderdag 24 Augustus om 20:00 op RSG.
RASTA AGTER DIE ROOKSKERM deur Johan Rademan ondersoek die waardes, lewensbeskouing, simboliek en menswees van die Rastafari. Nadat die Knysna munisipaliteit in 1993 grond aan die gemeenskap toegeken het, het dit ‘n produktiewe en in ‘n groot mate selfvoorsienende gemeenskap geword.. Skool, kerk, behuising, m.a.w. al die normale behoeftes van mense, tref ‘n mens hier aan, maar die geestelike ingesteldheid en lewensbeskouing lewer interresante ontdekkings op. Broer Zebulon Afrikaner lei ons deur die gemeenskap en ons ontmoet Hoofman Maxie wat vertel van Bob Marley en Haille Selasie I van Ethiopie se motivering in hul daaglike handel en wandel. Die oudstes, die vroue, onderwysers en kunstenaars gesels saam. ‘n Besoek aan die Altaar met lofprysinge is ook aangrypend. Rasta-lokke en dagga-dampe wat Broer Jabu al 27 maal met die gereg laat bots het, word ook bespreek.
Judah Square is die grootste Rastafari-gemeenskap in Suid- Afrika. Johan Rademan het die nedersetting met 27 gesinne in Khayalethu buite Knysna besoek.

Broer Zebulon Afrikaner met Goddfreeh die Rasta-kunstenaar voor die muurpaneel wat hy geskilder het onder sy kunstenaarsnaam, Jahfreeman.

Johan Rademan en Zebulon Afrikaner. Die muurslidery is by die ingang van Judah Square – die grootste Rasta-gemeenskap in SA. 27 Gesinne bly hier in Khayalethu buite Knysna.

So maak ons nuwe vriende by RSG – Johan Rademan saam met ‘n paar inwoners van Judah Square in Khayalethu in die Knysna-omgewing.
