Luister weer: Die kafee op die hoek


Wanneer laas het jy ‘n draai gaan maak by die kafee op die hoek? Daardie kafee in die dorp wat jou nostalgies laat voel oor taai toffies en wat die  lekkerste vis en skyfies in die dorp verkoop. Gewoonlik ken die eienaar  ook al sy klante op die naam en is die winkel al vir jare in die familie.

Dié soort besighede raak al hoe skaarser en is besig om stadig te verdwyn.

Este Gross besoek ‘n paar hoek-kafee’s om uit te vind oor die kafee-lewe agter die toonbank, die lang ure, die kultuur en waarom al hoe minder kinders bereid is om die familie-onderneming oor te neem.

Sy vind ook uit wat noodsaaklik is vir die hedendaagste familiebesigheid se oorlewing en…  wat die geheim is vir daai perfekte vis en skyfies?

Luister na Die kafee op die hoek, die dokumentêr deur Este Gross.

Loonat and Son se eienaars, Ismail en sy seun Moosa. Die winkel in Newlands is al vir langer as ‘n eeu in die familie.

Van links na regs Gladys Bosman, Ismail Loonat, Fazila Varathia, Moosa Loonat.
Gladys Bosman werk nou al vir 39 jaar vir die Loonat familie.

Vars vis en skyfies is die trots van die meeste kafee’s.

cofTony Alfonso en sy seun Clinton – (die jongste seun Byron is nie beskikbaar vir die foto nie) . Die kafee in Roodepoort is al vir 25 jaar in die familie. Tony se pa het ook ‘n kafee gehad.

Vars vis en skyfies is die trots van die meeste kafee’s.