Luister weer: Die kuns van Strijdom vd Merwe


Kuns vir ‘n oomblik: die landskapskuns van Strijdom van der Merwe

Strijdom van der Merwe is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse landskapkunstenaar. Sy werk verken die brose wisselwerking tussen mens en natuur. Die meeste van sy kunswerke vat ’n oomblik in tyd vas, omdat dit deur natuurelemente verweer word, en later tot niet gaan. Ons leer ken die kunstenaar, en maak saam met hom ’n klankskildery wat daardie oomblik uitbeeld wanneer ’n kunswerk gebeur en gedokumenteer word. Ons besoek van die kunswerke wat hy geskep het en skep ‘n watergeluide-kunswerk saam met hom. Watergeluide is ‘n deurlopende tema in sy werk en vang ‘n bepaalde emosie vas waarmee hy in sy werk speel.

Die dokumentêr is saamgestel deur Johan van Lill.