Dokkie oor haweloses, ‘n sopkombuis en ‘n muurskildery


Van die mond na die hand, is ‘n dokumentêre program oor haweloses, ‘n sopkombuis en ‘n muurskildery. Die dokumentêr is saamgestel deur Este Gross en word Donderdag 14 Maart om 20:00 uitgesaai.

Die getal haweloses in Johannesburg neem daagliks toe. Die mense se selfwaarde word ook afgebreek deur die uitmergelende omstandighede Van ‘n lewe op straat en elke dag se bakhand staan. Dit is moeilik om uit die kringloop te breek, maar daar is hoop.

Esté Gross besoek die Gereformeerde Kerk Linden in Johannesburg se sopkombuis wat nie net kos gee nie, maar ook mense ophef deur vir hulle kunsvaardighede te leer. Só kan hulle produkte maak uit herwinbare materiaal wat hulle kan verkoop vir inkomste om vir hulself te sorg, veral tydens Desembermaande wanneer die sopkombuise toe is.

Die voltooide muurskildery deur Phumlani.

Sy praat ook met Phumlani, wat deur middel van die kunsklasse sy liefde vir kuns herontdek het en in die proses sy eerste opdrag vir ‘n groot muurskildery gekry het.

Skakel Donderdag 14 Maart om 20:00 in vir – Van die Mond na die Hand – ‘n dokumentêr saamgestel deur Esté Gross.

Luister hier na ‘n klanlgreep uit die dokumentêr:

Die video toon die kunsuitstalling wat die kunsklasstudente gehou het aan die einde van verlede jaar. Só kon baie van die kunstenaars wat haweloos en werkloos is, ‘n bietjie geld maak om hulleself te onderhou in Desember wanneer die meeste sopkombuise gesluit is:

Van die vrywilligers by die Sopkombuis van GKL (Gereformeerde Kerk Linden) Van Links na regs: Dr. Jan Schutte, Willie Mapendja, Marlecia Marais, Magdaleen Kemp, Jolandie van Niekerk, Anrinet Brink

Kos by die sopkombuis.

Marlecia wat kunsklasse aangebied het en gehelp het om die kunsuitstalling te reel

Anrinet Brink wys van die Papiermaché projekte wat nog geverf moet word

Magdaleen en Jolandie bedien die kos

Phumlani en Romeo gesels oor hulle passie vir kuns en naaldwerk met Esté.

Sopkombuisbywoners geniet die klas.

Vrywilligers skep op.

Anrinet Brink, Handewerk projekkoordineerder praat met Este Gross oor die Papiermaché projek en die uitdagings wat haweloses daagliks ervaar.

n Kunswerk van Phumlani gedoen op karton

Kuns uit Papier Maché