Dokkie oor Ibrahim Khalil Shihab, Bo-Kaapse Jazz komponis


Weet jy wie is Ibrahim Khalil Shihab? Hy is ‘n talentvolle Bo-Kaapse / Cape Jazz komponis en liedjieskrywer sedert die laat 60s.

Musieklegende Ibrahim Khalil Shihab, voorheen bekend as Chris Schilder, maak in die ouderdom van 72 ‘n terugkeer na die verhoog met die hulp van Ramon Alexander, wat Ibrahim as ‘n held beskou. Geïnspireer deur ‘n musikale familie en sonder enige formele opleiding, het hy van die grootste Suid-Afrikaanse treffers van die jare 70 en 80 geskryf, maar was grootliks as klavierspeler, in die skaduwee van die hoofsangers en ander musikante.

Ibrahim Khalil Shihab

‘Give a little love’ soos opgevoer deur Zayn Adams is een van sy bekendste liedjies.

Martelize Brink het met hom en mede-musikante, gemeenskapslede en familielede oor sy nalatenskap en die 60s se Cape Jazz oplewing, gesels.

Luister hier na die dokumentêr Give a little love, saamgestel deur Martelize:


Martelize gesels met Ibrahim Khalil Shihab

Voor van links na regs: Uncle Jack Momple – tromspeler vir Pacific Express, Martelize Brink en Ibrahim Khalil Shihab. Middelste ry: Annemie Nel (tromspeler), Chad Gowan (Baskitaarspeler), Gary Granger (Perkussie) en  Zeke le Grange (saksofoonspeler)
Heel agter: Ramon Alexander, vervaardiger van die Essence of Spring projek.