Dokumentêr: Abdoel se AMG perde


Ja hy het al pryse gewen by landbouskoue, vertel Abdoel. Haidee hoor meer oor Abdoel Absolom van Kalksteenfontein se skou-perde, ons hoor ook die stories van drie ander seuns wat vertel hoe die wereld van perde vir hulle nuwe betekenis gee. En al woon hulle in plakkerskampe en het hulle min, is hierdie ponies hul trots.

Abdoel verwys na hulle as AMG-Mercedes perde, wat by die perdestalle by Freedom Farm gehuisves word.

Ons hoor wat ‘n SPIDER is en Lollie verduidelik hoe ‘n mens die perd KOUD lei. Ons gesels ook met Valendino oor sy ponie. Sielkundige Quinton Adams vertel  oor perde se terapeutiese waarde en heling.

Luister weer na dié dokumentêr, saamgestel deur Haidee Muller.

Haidee en Abdoel.

Abdoel saam met sy vrou Aqeefah en kinders Taqwah en Muhammad nadat sy skouperd Cassidy, weer ‘n prys losgeslaan het by die Helderberg perdeskou.

Ja, sy perde het al pryse op skoue gewen, wys Abdoel.

Abdoel by die sielkundige Quinton Adams, alombekend as Die Shackbouer.

Dis nou wat jy ‘n Spider noem, verduidelik Abdoel oor hierdie waentjie.