Luister weer: Dokumentêr oor Borsvoeding


31 Januarie 20h00: Nageboorte naelstring

Jacqui en haar gaste in die ateljee.

Oor die nuutste navorsing, interessanthede en belangrikheid van borsvoeding.

Die Sweedse navorser Ann-Marie Widström het navorsing gedoen oor die vel-tot-vel-kontak tussen ‘n pasgebore baba en mamma. Widstrom het 9 instinktiewe stadiums van ‘n pasgebore baba in die eerste twee ure ná geboorte geïdentifiseer wat begin met vel-tot-vel-kontak tussen ma en baba.

Jacqui January gesels met kundiges oor borsvoeding. Dit wil voorkom of al daai “ouvrou-stories”  inderdaad beproefde oorlewingsfeite is! Hulle gesels ook oor tongknope, wat baie algemeen by pasgebore babas voorkom en voeding kan bemoeilik.

Ann-Marie Widström

Die 9 instinktiewe stadiums van ‘n pasgebore baba

Ann-Marie Widström, ‘n Sweedse navorser op vel-tot-vel kontak tussen moeder en baba met geboorte, het 9 stadiums van die pasgebore geïdentifiseer wat in die eerste twee ure ná geboorte plaasvind as die baba onmiddellik teen die moeder geplaas word. Die stadiums is instinktief.

Meer inligting:
https://expectantmothersguide.co.za/9-instinctive-stages-of-the-newborn/

http://www.skin2skin.org/9stages.html

http://www.magicalhour.org/aboutus.html

Wat maak borsvoeding so spesiaal?

Hettie Grove, geregistreerde verpleegkundige en vroedvrou van Evergreen Parenting, skryf:

Borsvoeding of borsmelk is nie net kos nie. Dit is baie meer! Borsmelk het lewendige eienskappe, dis spesies spesifieke spesiaal geformuleer vir mens babas. Dis die goue natuurlike standaard in abvoeding. Dis die normale ding om te doen. Dis ook die manier hoe n mens met jou baba komunikeer, die oogkontak, die breinkos wat ‘n rol speel.

Waneer die baba borsvoed, stuur die speeksel boodskappe, ons noem dit liefdesbriefies, na die bors om spesifiek dit wat die baba nodig het, te vervaardig en dan dit weer met volgende voeding aan die baba oor te dra. Borsmelk is so uniek en vir babas wat vroeggebore word is die skenker melk waneer mamma se melk nie beskikbaar is so goed. Dit voorkom nekrotiserende entero kolitis, wat dodelik is.

Mense met HIV en op medikasie is, mag borsvoed solank hul hul medikasie neem en eksklusief borsvoed met ander woorde net borsmelk gee. Surrogaat en aangenome babas kan geborsvoed word, Diabete en ander hoë risiko mammas kan nou hul kolostrum – die eerste melk – uitmelk met hul hande om dit dan te vries en vir baba te gee in die eerste paar ure.

Hoe kan ek borsvoed?
Borsvoeding is so maklik en natuurlik en tog so kompleks vir pparty mense. Ons grootste probleem vandag is ons sien nie meer mense wat borsvoed nie. My eerste wenk sou wees om na n paar goeie ’latch videos” te gaan kyk op YouTube maar maak well seker dat dit deur n IBCLC of International Board certified Consultant of n SACLC South African certified lactation consultant gedoen is. Ons moet sien hoe mense borsvoed.

  1. Wees positief!
    Jy het immers jou liggaaam vertrou om jou baba vir 9 maande te bou! Begin nou al jou borste vertrou want hul is die verlenging van die naelstring en daar is werklik minder as 2 persent mammas wat nie kan borsvoed nie. En mens weet dit gewoonlik voor die tyd.
  2. Lees en doen navorsing waar jy kan
    Om ingelig te wees oor wat is normal en wat nie maak dit klaar makliker vir jou as n nuwe mamma . So kan jy ook ingeligte besluite neem
  3. Kry vir jou  paar ondersteuners
    Dit neem n gemeenskap om sukservol te borsvoed. As jy iemand het wat jou rolmodel kan wees soveel te beter
  4. Glo in jouself, jou borste en jou baba
    Wanneer jy weet jy is geskape om die ding te kan doen, en dan in hinderniis land is dit makliker om dit te oorkom as jy in jouself glo.
  5. Wees toegewyd en vasbeslote
    Maak n lysie van redes hoekom jy wil borsvoed .Elke keer as jy wil ophou lees deur jou lysie
  6. Woon ‘n borsvoeding klas by deur ‘n gesertifiseerde borsvoeding konsultant
    Sleep jou ander helfte saam hy moet jou help om te borsvoeddeur jou te ondersteun . As hy weet hoe maklik en ook kompleks dit kan wees gaan hy jou ondersteun
  7. Jou kraamplek
    Vind uit hoe borsvoeding vriendelik is jou sorggewers: sal hul jou ondersteun met die hele proses of sal hul jou pogings onbewustelik benadeel?

Moet nooit op ‘n slegte dag ophou nie; môre skyn die son weer. Een slegte dag beteken nie dat jy gefaal het nie.

Onthou borsvoeding is soos fietsry en jy as mamma en baba moet eers leer en spiergeheue opbou, dan is dit net soos fietsry eenvoudig en maklik, maar soms kry jy n papwiel.

Daar is vir my drie reëls in borsvoeding

  • Reel 1: die baba moet kos kry (Formule is nie gif nie)
  • Reel 2: Ondersteun jou produksie deur uit te melk tot die problem opgelos is
  • Reel 3: Moenie die mamma en baba skei nie9 tensy daar n werklike mediese rede is).

https://www.facebook.com/Hettie-Grove-IBCLC-SACLC-Breastfeeding-Specialist-251386261712481/

Tong- en lipknope

Francoise van der Westhuizen, Gekwalifiseerde Laktasiekonsultant & Geregistreerde Verpleegkundige, skryf:

Wat is ‘n tong- of lipknoop?
Dit is wanneer die lip of tong frenulum (die velletjie wat jy sien wanneer jy die tong of lip oplig) te styf is en verhoed dat die lip of tong behoorlik kan op en af beweeg. Daar is verskillende grade van tongknope. Sommige tong- en lipknope moet geknip word, waar ander geen probleme vir die mamma of baba veroorsaak nie.

Hoe kan ‘n lip/tongknoop borsvoeding beïnvloed?
Babas wat gebore is met ‘n lip- of tongknoop sukkel dikwels met borsvoeding. Die rede hiervoor is omdat die lip of tong se omvang van beweging beperk is. ‘n Lipknoop wat baie styf is kan verhoed dat die lip behoorlik kan op vleuel (baba se lippe moet soos vis lippe om die bors vorm vir ‘n behoorlike hegting). Die baba moet dus dan sy lippe saampers om sodoende die bors in sy mond te probeer hou en ‘n seël te vorm. Ons sien dikwels dat babas met ‘n lipknoop “sucking blisters” het agv die foutiewe manier waarop hulle heg. Indien daar ‘n tongknoop is, verhoed dit dat die tong behoorlik op en af kan beweeg (‘n aksie wat noodsaaklik is om die bors te “masseer” om sodoende melk uit te kry). Die baba moet dan sy tong op ‘n ander manier probeer gebruik om melk uit die bors te kry. Dit kan lei na probleme soos:

  • Pynlike borsvoeding (dikwels voel dit soos ‘n rasper wat oor die tepels gevryf word)
  • Die gevoel dat baba jou tepels byt of kou terwyl hy/sy drink
  • Gekraakte of stukkende tepels
  • Geblokte melkbuise en mastitis
  • Baba wat sukkel om geheg te bly en heeltyd van die bors “afgly”
  • Daar kan “clicking” geluide gehoor word terwyl baba borsvoed
  • ‘n Baba wat lang periodes aan die bors drink en onversadig voorkom
  • Baba wat nie genoeg gewig optel en soms selfs gewig verloor
  • Baba wat nie genoeg nat en vuil doeke het nie
  • Dit kan dikwels “reflux” veroorsaak omdat baba baie lug inneem terwyl hy/sy borsvoed a.g.v die inkorrekte hegting
  • Die mamma se melk produksie kan begin verminder omdat die baba nie die borste behoorlik kan leegmaak nie

Al die bogenoemde punte kan ‘n nuwe mamma soms oorweldig en haar laat twyfel in haar vermoë om haar baba te borsvoed.

Hoe algeneem kom dit voor?
Ek sien dit baie dikwels in my praktyk. Dit is meer algemeen as wat ons destyds gedink het, en word bevestig deur die huidiglike navorsing. Dit is wel soms baie moeilik om ‘n tongknoop te sien (veral as dit baie diep onder die tong is) en dus moet die dokter of laktasiekonsultant opgelei wees om daarvoor te ondersoek.

Hoe kan dit oorbrug word om borsvoeding makliker te maak?
 ‘n Laktasiekonsultant kan die mamma help deur die baba se posisie op die bors aan te pas en haar maniere te wys om ‘n dieper en beter hegting te kry, en so die pyn en ongemak te help verlig. Daar is ook verskeie dokters waarna ons verwys wat ‘n lip- of tongknoop sal knip om sodoende die beperking te verlos. Ander hulpmiddels sluit ook in chiropraktiese manipulering en kraniale-sakrale fasiale terapie (CFST – hulle werk om die bindingsweefsel in die liggaam te verlos).

Kontak besonderhede
epos: melkbekkies@gmail.com
Kontak nr: 0829405008
Facebook bladsy: Melkbekkies Breastfeeding Clinic (soek @melkbekkies)

 

Mamma-vriendelike borspomp

Yolande Meyer, ma van 3 skryf:

Al drie my kinders het tong knope gehad wat ons moes laat losmaak.

Met my eerste seun het ons nie daarvan geweet nie en het ek eksklusief uitgepomp vir hom vir ‘n jaar. Dit het gelei tot my maatskappy wat ‘n meer “mamma vriendelike” borspomp invoer wat mammas in staat stel om te pomp met hul klere aan. Die skakel na my webtuiste is www.freemiesa.co.za en hul kan my epos op info@freemiesa.co.za vir enige navrae.

My tweede seun het ons op 6 weke laat laser en my dogtertjie het ons laat doen op 2 dae oud in Dr Dean Gersun se kantoor met lokale verdowing.

Ek is ook ‘n geboorte Doula en ‘n perinatale vertroostings Doula. Die skakel vir mammas wat so diens benodig is www.ncot.co.za