Luister weer: Dokumentêr oor die skrywer Chris Barnard


Chris Barnard

Chris Barnard sou vanjaar 80 jaar oud gewees het. Hy was ‘n baie veelsydige skrywer het het in verskeie genres gewerk; prosa (romans en kortkuns) drama en hoorspele, en draaiboeke vir tv en rolprente. Sy bekendste roman is Mahala (waarvoor hy in 1973 die Hertzogprys gekry het ), Moerland en Boendoe.   Bekende hoorspele uit sy pen: sluit in  die ikoniese Rebllie van Lafras Verwey; Die pad na Acapulco; Pa, maak vir my ‘n vlieër, Pa (wat ook op die verhoog opgevoer is soos die Rebellie van Lafras Verwey) Stasie in die Niet en Blindemol. Televisiereekse sluit in Amalia; Onder draai die duiwel rond; Phoenic en Kie, Simon en Sandra.

Barnard het in 1991 die Hertzogprys gekry vir sy drama-oeuvre.  Hy vertel onder meer hoe hy sy beeldende  skryfstyl ontwikkel het en watter invloed sy grootwordwêreld op sy skryfwerk gehad het.

Portret van ‘n skrywer is saamgestel deur Ina Strydom.

Hier is ‘n uittreksel uit die dokumentêre program:

Luister na die volledige dokumentêr: