Dokumentêr oor Graffiti


Die skrif teen die muur is ‘n dokumentêr deur Lizelle de Bruin. Dit word Donderdag 21 Februarie op 20:00 uitgesaai.

Graffiti laat sommige mense steier en ander staan in verwondering. Ons stel ondersoek in na die Graffiti-Renaissance wat die strate van Kaapstad, Soutrivier en Woodstock laat lewe met sosiale kommentaar, kleur en kuns op onwaarskynlike plekke. Straatkuns, wat onder andere ook graffiti insluit, word dikwels as vandalisme beskou. Die teendeel is egter dat daar heelwat denke en beplanning in die kuns ingaan. Straatkuns lewer sosiale kommentaar, dikwels op dinge waaroor mense nie wil of kan praat nie. Graffiti bring kleur en betekenis na die mees onwaarskynlike plekke.

Lizelle de Bruin stap deur die strate van Woodstock in die Kaap en gesels met Graffiti-kunstenaars en ook ander kunstenaars wat deur die Graffiti Renaissance beïnvloed is in hulle eie leefwêreld.

Geniet Woodstock se straatkuns

Foto: Nicky Willcock