Luister weer: dokumentêr oor tuisonderrig in SA


Tuisonderrig is eers in 1996 in Suid Afrika gewettig. Maar hordes ouers reg oor die land het reeds vir baie jare voor die wet verander is, hulle kinders by die huis “skool” gegee. Met die wettiging van tuisonderrig moet elke kind wat nie by ’n skool ingeskryf is nie, wel by die Departement van Onderwys registreer.  Slegs 1% van die meer as 100 000 tuisonderrig leerders in 2019 is by wel geregistreer.

Christelle van Tonder gesels met rolspelers, ouers, aktiviste en kinders oor tuisonderrig in Suid Afrika. Hulle beantwoord vrae soos: Wat is tuisonderrig? Wat van die kinders se sosiale lewe? Is daar struktuur en is dit net vir hoogs begaafde kinders?

In die dokumenter “Tuis by die huis”, gee gaste ‘n indiepte kyk na die verskillende maniere waarop elkeen hulle kinders leer, waarom hulle besluit het om nie hulle kinders by ‘n tradisionele skool in te skryf nie en wat die tipe onderrig beteken.

Tuis by die huis, ‘n dokumentêr deur Christelle van Tonder.

Luister na die klankgreep vir ‘n voorsmakie:

Luister na die volledige program:

Agtergrond inligting

Die Van Oosterum gesin

Karin van Oostrum is die uitvoerende bestuurder van die Pestalozzi Trust, die regsfonds vir tuisonderwys in Suid Afrika. Die is slegs een van 3 soortgelyke organisasies wêreldwyd wat ondersteuning aan tuisonderrig ouers bied. In die dokumentêr gee sy meer duidelikheid oor wat die Suid Afrikaanse skole wet vereis en gee ook raad aan ouers wat graag die roete sal wil volg.

Karen van Zyl en Liesl Strauss is beide ma’s wat tuisonderwys vir hulle kinders gee, maar die twee se aanslag verskil wêrelde van mekaar.  Luister na die twee ma’s se redes vir die keuse, hoe hulle die taak aanpak en wat hulle kinders te sê het oor hulle onderrig.  Mis hulle iets of gee die manier van onderrig vir hulle meer geleenthede?

Tuis by die huis, is ‘n dokumentêr deur Christelle van Tonder. Luister Donderdagaand om 20:00

Van Zyl familie

Die Strauss gesin

Meer inligting

Vind hier ‘n artikel oor die nuwe tuisonderrig wet en wat van ouers verwag gaan word: https://www.lawforall.co.za/homeschooling-south-africa/

Indien jy enige vrae het oor tuisonderrig of meer wil uitvind oor die onderwerp stuur gerus ‘n e-pos na Christelle van Tonder by vantonderc@sabc.co.za of besoek die webtuiste www.pestalozzi.org