Luister weer: Met die maan gepla


Die mensdom is al van eeue gelede af met die maan gepla en verlede maand het die wêreld die vyftig jarige herdenking van die eerste mens op die maan gevier.

Donderdagaand om 8 uur in ons dokumentêre gleuf kyk Hennie Maas met ‘n ander oog na die aarde se enigste natuurlike satelliet – die maan.

Die eerste optekening van die maan is millenia gelede gedoen. Die maan het destyds ‘n sentrale rol in die godsdiens van die mens gespeel.

Prof Alex Duffey verduidelik hoe die maan die denke van die destydse mense beinvloed het.  Verskeie kenners soos Willie Koorts, Prof Matie Hoffman, Johan vd Berg, Prof Pieter Meintjies en dr Japie van Zyl lewer ook insette.  Met die maan gepla … om 8 uur Donderdagaand saamgestel deur Hennie Maas.