Hennie Shields, ons verlore Springbok


Jody Hendricks by Hennie Shields

In 1982 word Hennie Shields ‘die eerste bruinspeler’ wie Curriebeker rugby vir die WP gespeel het, maar  hy het nooit amptelik erkenning gekry nie. Hy het ook vir verskillende spanne soos die Proteas teen die Britse Leeus gespeel en het met die eerste gekombineerde SA span wat oorsee gaan speel het, uitgedraf. Alhoewel hy na Springbok-proewe genooi was, is hy nooit gekies nie. Ek het in Maart twee ure lank met hom gepraat oor sy loobaan, sy verhouding met Doc Craven en die feit dat hy nooit sy droom kon bewaarheid om vir die Springbokke te speel nie.

Die Shields familie van die Strand het geen bekendstelling in Rugby kringe nodig nie. Die gesin betaande uit ses  broers het almal rugby gespeel en dit was veral die jongste broer Hennie, wat plaaslik en internasionaal hoogtes bereik het. In 1977 neem spelers van kleur vir die eerste keer aan die nasionale rugbyproewe in Pretoria deel om die Springbok-span te kies om teen ‘n Wêreld XV-tal tespeel. Dit sluit in Errol Tobias, Piet Boonzaaier, Hennie en Turkey Shields, Hannes Meye en Louis Paulse.

Errol Tobias, Hennie Shields en John Noble by ‘n oefenkamp in die 70s

SARU het sy spelers verbied om aan die proewe deel te neem. Nie een van die SARFF- of SARA-spelers het die Springbok-span gehaal nie, maar Hennie Shields is gekies vir die Gazelles en Errol Tobias en Turkey Shields vir die SA Plattelandse XV.

Shields het ook vir Barbarian spanne oorsee gespeel en was die eerste bruinspeler om Curriebeker rugby vir die WP te speel.

Die een span vir wie hy egter nooit die geleendheid gehad om voor te speel nie, was die Springbokke, alhoewel hy na verskeie proewe genooi is.

Hy woon tans in die Strand net buite Kaapstad en het deesdae baie min en amper niks met Rugby te doen nie.

In die verhaal oor die verlore Spingbok vertel Hennie Shields ons oor sy loopbaan, die droom om die gesogte Groen en Goud trui oor sy kop te trek en die politiek wat destyds ‘n rol in sy loopbaan gespeel het.

Hennie Shileds in sy speeldae